Wednesday, 8 July 2015
Oudtshoorn - Buffelsdrift
Dit was een van die lekkerste plekke om te bly. Anton het hier ook 'n baie goeie winter special gekry. Jy kan nie hier braai nie, maar buffet ontbyt is ingesluit en die restourant se kos is heerlik. Dit is weereens freaking koud in die oggend en aand, maar daar is twee A/C's en elektriese komberse wat die personeel in die aande aanskakel terwyl ons eet. Alles verder is hier wat jy nodig mag kry.
Oudtshoorn - wat om te doen
Ons was by Highgate vir die volstruise. Dit is bitter koud in Oudtshoorn!
Oudtshoorn - De Denne
Heerlike blyplek op 'n plaas. Dit is freaking koud in die oggend en aand. Ons het hier ook 'n special gekry by die Getaway Show. Buffet ontbyt is ingesluit. Die aand het Anton vir ons 'n heerlike potjie gemaak en daar is ook 'n kaggel binne. Dit is egter verskriklik koud. Ons het ook op die plaas gestap tussen die volstruis kampe. Rudie die bestuurder is baie gaaf en die eienaar Johan ook. Die volgende oggend was ons kar ook afgespuit.
Tsitsikamma - dinge te doen
Die Segway trip het ons vreeslik geniet, volgende keer doen ons die langer een.
Tsitsikamma Village Inn
Hier het ons 'n great special gekry by die Getaway show. Verblyf plus ontbyt plus twee gratis Segway trips plus twee gratis Waterfall Zipline toere en nog twee burgers vir middagete by Food Diner vir 'n baie goeie prys. Die verblyf was lekker, daar was ook 'n bad waarvoor Anton en Lian baie bly was. Dit is baie baie koud in die oggend en aand, maar die A/C het ons warm gehou. Alle toiletteware is ook daar. Die aandete was heerlik en ek het sommer twee aande die ribs geëet.
ADDO - dis vreeslik mooi
Dis regtig pragtig in die ADDO. Ek het bestuur en Lian het voor langs my gesit vir die rondry in die park. Anton het kolonontsteking gekry en ons is die eerste oggend vroeg na 'n wonderlike dokter net buite die park wat ook medikasie vir hom kon gee. So die res van die tyd kon hy agter in die kar sit en ontspan terwyl hy diere kyk.
ADDO - wat het ons gesien?
Ons het die park van die onderkant af binne gery die middag. Ou Grote het sommer langs die kar geloop.
Tuesday, 7 July 2015
ADDO - verblyf
Ons het drie aande in die ADDO gebly in een van die Forrest Cabins. So lyk dit binne:
Vier beddens. Daar is ook 'n gemeenskaplike kombuisarea. Elke blyplek is privaat van mekaar en so lyk die braaiplek:
Die plek is baie skoon en elke oggend kom maak die personeel dit weer netjies. Ons hou daarvan. Alles wat jy nodig het is daar, ook handdoeke en toiletteware.
Dit is baie koud in die aand en oggend, ons het die A/C elke oggend en aand aangesit en dit het baie gehelp. Deur die dag kon ons kortmouklere aantrek buite.
Hartenbos
Op pad na ADDO het ons oorgeslaap in Hartenbos. Vir 'n oornag is dit ok, maar ons sal nie gou weer nie. Die verskil tussen die prys en dit wat jy kry in vergelyking met ander plekke is te groot. Lian en Anton het put-put gespeel en Anton het die aand gebraai, maar vir my was dit te koud buite, al was die braai bietjie beskud.
Wintervakansie 2015
Hier het ons die eerste ontbyt van die vakansie geëet. Die oulike plek is op die tweede afdraai vir Swellendam vanaf die N2. Dit het 'n heerlike atmosveer en lekker kos, maar vir my wat nie gluten kan eet nie, bietjie van 'n uitdaging. Hulle spesialiseer in brood...maar het ook 'n baie mooi en skoon badkamer. Iets wat vir ons drie altyd belangrik is.
Subscribe to:
Posts (Atom)








































