Friday, 27 September 2013

Tips vir Parys

As jy vir 'n paar dae bly, koop gerus 'n Navigo week vervoerkaartjie.  Mens koop dit vir sekere aantal sones en dit kan weer opgetop word vir die volgende week.  Nou kan jy op enige metro, bus of tram gaan.  Dis so maklik.  Mens kan net nie twee keer by dieselfde metrostasie ingaan nie, maar dan spring jy net op 'n bus tot by die volgende stasie.  O ja, onthou om 'n klein ID foto byderhand te hou vir die kaart.  Die kaart hou 10 jaar.

Saam met die eerste tip, kry ook saam met die Navigo maps van die treine en busse.  Mens leer die stelsel vinnig en by elke metrostasie en busstop is 'n reisplan van al die stoppe.

As jy beplan om museums te besoek, doen dit in 2, 4 of 6 dae en kry dan 'n Museum pass.  Onthou net om nie die Paris Pass te neem nie, dit werk duurder uit.  Ons het die 4 dag een uitgeneem en het so baie museums in daardie 4 dae gedoen.  Ons het dit ook sommer gebruik as ons 'n nood het en 'n draai moet loop.

Baie belangrik:  Moenie langbroeke dra wat op die grond sleep nie.  Parys is baie vuil en daar is hondepoef oral!

Ek het gevind my sak wat skuins oor my een skouer hang is beter as 'n rugsak.  Ek het net die eerste dag 'n rugsak gedra en by die museums moes ek dit inhandig of soms moet jy dit voor jou dra.  Daar is baie mense in Parys en spasie is min...jy wil nie 'n skildery stamp of duur parfuum nie.

My iPad was wonderlik.  Gelukkig het my broer se woonstel Wi-Fi (of soos Ania te oulik sê Wee-Fie) en ek kon die volgende dag se roete of info Google, of kommunikeer met my mense by die huis.  Skype was wonderlik.  Ek kon ook elke dag se foto's op my blog sit.

Hierdie lys gaan seker nog groei soos ek aan goed dink.


Wat het ek geleer

Om bietjie Pools te leer:
Goeie dag - Dzień dobry - uitgespreek gin dobre
Baie dankie - dziękować - uitgespreek gin koeie
Ja ja - tak tak - uitgespreek tak tak

Ons Suid-Afrikaaners is aanpasbaar, ons kan by omstandighede aanpas en is nie bang vir uitdagings, avontuur of om iets nuuts te probeer nie.

Corneille is 'n goeie reismaat:
Sy kan goed rigting hou.
Sy het stamina, al pyn haar hele lyf en het haar voete blase.
Sy is vriendelik en hulpvaardig met almal.
Sy is altyd game vir nog 'n avontuur.
Sy hou van mense.
Sy is baie kreatief.
Sy leer uit haar foute.

My broer, Willem, en sy verloofde, Ania, is vreeslik gasvry en dierbaar.

As jy vreeslik baie loop, kan jy enigiets eet en nie gewig optel nie.

Ek kan oorleef oorsee sonder gluten en het nie siek geword nie.

Ek kan nie oorleef oorsee sonder Anton en Lian nie.

Ons is baie geseënd in SA en leef baie lekker.


Op pad terug

Die woonstelblok se huisbak was stukkend, dis op die 5de vloer, 84 trappe.  Ons is die oggend 7:00 daar uit.  Eers met elkeen se groot tas, toe weer op om ons handbagasie te kry.  Daarna na Avron metrostasie, trappe af.  Trein na La Chappel, weer trappe, toe die RER na CDG lughawe.  By lughawe deur inboek, sekuriteit...tasse deursoek en toe wag vir die vlug.

Net so tussen hakkies, Corneille kry elke keer 'n body search, dis nou al drie keer gewees!

CDG lughawe

Uit die vliegtuig se venster voor landing op Doha.


Vir oulaas foto's van Willem en Ania se blyplek in Parys

Uitsig vana die slaapkamer, die stellasie is in net 'n paar dae opgerig.  Hulle gaan die geboue weer mooi maak.

Willem se kroeg.


Soms het ons ou Franse flieks op TV gekyk en dan neem Corneille die swart-en-wit tonele af.😊



Wednesday, 25 September 2013

Tuesday, 24 September 2013

Laaste aand in Krakow

Ete in Joodse restourant.

Darek en Klaudia was ook by.

Uitsig van Willem en Ania se nuwe blyplek vanaf volgende jaar.  Dis 'n splinter nuwe gebou.






Op pad terug woonstel toe

Al die geboue is so mooi


Operahuis




Waar is die draak en sy blyplek?



Sy blyplek

Dragon keeper


Nog buite




Buite om die kasteel en katedraal






Nog van die kasteel in Krakow





Wieliczka Soutmyn

Ons het foto's buite geneem, binne bietjie te donker. Allesis van sout, selfs die vloere.  Ons was 135 m onder die gronde.  Ek het vele kere die mure gelek.  Ja, reg gehoor, gelek!!  Dit is antisepties so dis cool.  Die sout in die myn is so goed, dit help vir sinus, asma...  Hulle het selfs 'n spa daar, omdat dit so goed is.
Hier is foto's van buite