Friday, 27 September 2013

Tips vir Parys

As jy vir 'n paar dae bly, koop gerus 'n Navigo week vervoerkaartjie.  Mens koop dit vir sekere aantal sones en dit kan weer opgetop word vir die volgende week.  Nou kan jy op enige metro, bus of tram gaan.  Dis so maklik.  Mens kan net nie twee keer by dieselfde metrostasie ingaan nie, maar dan spring jy net op 'n bus tot by die volgende stasie.  O ja, onthou om 'n klein ID foto byderhand te hou vir die kaart.  Die kaart hou 10 jaar.

Saam met die eerste tip, kry ook saam met die Navigo maps van die treine en busse.  Mens leer die stelsel vinnig en by elke metrostasie en busstop is 'n reisplan van al die stoppe.

As jy beplan om museums te besoek, doen dit in 2, 4 of 6 dae en kry dan 'n Museum pass.  Onthou net om nie die Paris Pass te neem nie, dit werk duurder uit.  Ons het die 4 dag een uitgeneem en het so baie museums in daardie 4 dae gedoen.  Ons het dit ook sommer gebruik as ons 'n nood het en 'n draai moet loop.

Baie belangrik:  Moenie langbroeke dra wat op die grond sleep nie.  Parys is baie vuil en daar is hondepoef oral!

Ek het gevind my sak wat skuins oor my een skouer hang is beter as 'n rugsak.  Ek het net die eerste dag 'n rugsak gedra en by die museums moes ek dit inhandig of soms moet jy dit voor jou dra.  Daar is baie mense in Parys en spasie is min...jy wil nie 'n skildery stamp of duur parfuum nie.

My iPad was wonderlik.  Gelukkig het my broer se woonstel Wi-Fi (of soos Ania te oulik sê Wee-Fie) en ek kon die volgende dag se roete of info Google, of kommunikeer met my mense by die huis.  Skype was wonderlik.  Ek kon ook elke dag se foto's op my blog sit.

Hierdie lys gaan seker nog groei soos ek aan goed dink.


No comments:

Post a Comment