Tuesday, 17 September 2013

Die eerste aand in Parys, 17 September 2013

Ania se geskenk wat ek vir haar geskilder het.  Ons het daarna Franse chompanje gedrink saam met snacks.  Ook vir Sophie ontmoet, baie oulike Franse meisie.

Ania het onsons gaan wys waar is die metrostasies (Avron en Nation), die bakkery, plek vir vars vrugte en groente, die kaaswinkel en supermark.  Ons het lekker in die reën gestap met ons reënjasse.  Die weer is so hierdie tyd.  Toe ons terug is het Ania vir ons hierdie heerlike maaltyd gegee...slaai, vrugte, verskeie kase en helder groentesop wat sy self gemaak het.

No comments:

Post a Comment